MarkInsig
Die Aandele-mense.
Ons geld doen die werk.
Datum van
laaste opdatering: 12 Jan 2007
Markinsig is die webtuiste van Tinus en Linda Viviers. Ons het gedurende 1998 begin om met aandele te spekuleer. Gedurende 1999 het ons ook die aktiwiteite uitgebrei en ‘n studie gedoen rakende die grafiese ontleding van aandeelpryskurwes. In die proses het ons na verskeie metodes gekyk en uiteindelik besluit om te konsentreer op die ontleding van golwe soos deur Elliott (1948) beskryf. Ons gebruik tans die sagteware WinWaves 32 (wat Elliott se benadering gebruik) tesame met ‘n stel sagteware wat ons self ontwikkel het om risiko te verminder en winste te optimeer.
Gedurende 2000 het ons begin om, gedurende
Januarie elke jaar, ‘n hipotetiese belegging ten bedrae van R 1 miljoen te
maak. Die swakste wat ons gevaar het was 16,7% in een jaar en die beste was
55,3% terwyl die gemiddeld tot nou toe op 35,8% pj staan. Tot nou toe was ons
beleggings in aandele op ‘n baie klein skaal, maar ons glo dat ons nou die
resep gekry het.
Op die oomblik het ons 10 aandele
geïdentifiseer wat volgens ons ontledingsmodelle uitstekende resultate behoort
te lewer. Hulle is (in alfabetiese volgorde):
Absa
Kumba (soos voor die verdeling)
Mittal
Massmart
PicNPay
PPC
Reunert
Stanbank
Sasol
Telkom
Op 20 Oktober 2006 het ons gestruktureer begin
aankoop. Ons doelwit is om R 500 000.00 in aandele te belê en glo dat ons binne
2 jaar ons belegging gaan terugkry en nog soveel oorhou. Verder gaan ek ons
belegging meet teenoor ‘n gelykwaardige belegging in die Satrix 40. Op die
oomblik lyk ons belegging as volg (in volgorde van aankoop):
Sasol, 100
Mittal, 400
Massmart, 500
Kumba, 500
Exxaro, 500 (afkomstig uit die split van Kumba)
Reunert, 1000
Telkom, 600
Koste tot datum (14 Januarie 2007) = 324 007.34
Huidige waarde = 345 147.00
Satrix40 vergelykende waarde = 335 926.80
Persone wie belangstel in Elliott se teorie of
‘n ontleding van ‘n spesifieke aandeel gedoen wil hê, kan ons per epos kontak.
Ons stuur ook ten minste een keer in twee weke ‘n bespreking van ons mening oor
‘n aandeel se kanse gratis per epos aan belangstellendes.
Tinus Viviers
083 413-0647